Esegiël 31:13-15 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe die boom daar lê, het al die voëls op hom kom sit en al die diere het tussen sy takke kom staan.

14. Dit het gebeur sodat almal moet weet dat ’n boom by die water nooit weer so hoog sal groei dat sy boonste punt tussen die wolke is nie. Almal moet weet dat ’n boom wat water kry, nooit weer so groot sal word nie. Almal wat soos hierdie boom is, sal moet sterf. Hulle sal afgaan na die land daar onder, hulle sal afgaan tussen die ander mense, die mense wat afgaan in die graf.”

15. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek het die diep water laat rou oor die groot sederboom. Ek het die sederboom laat toemaak daardie dag toe hy afgegaan het na die doderyk. Ek het die riviere laat ophou vloei en Ek het die baie water teruggehou. Ek het die Libanon-berg laat rou oor die groot sederboom, en al die bome het flou geword oor die sederboom.

Esegiël 31