5. Hulle het jou twee kante gemaakvan sipreshout van die land Senir,hulle het ’n sederboomop die Libanon-berg gaan haalom vir jou ’n maspaal te maak,
6. hulle het jou roeispane gemaak van eikehout van Basan,hulle het jou dek gemaakvan sipreshout van die Kittiër-eilande,en hulle het stukkies ivoor ingesitin die dek.
7. Jou seile was van bont linne van Egipte.Die seile het vir ander skepegewys wie jy is.Jy het jou toegemaak met persen rooi wol-materiaalvan die Elisa-eilande.
8. Mense van die stede Sidon en Arwadhet jou geroei.Jy self, Tirus, het mense gehadwat die see geken het,hulle was jou matrose.