6. En jy, mens, jy moet kla en huil en op die grond val, jy moet baie hartseer wees en hard kla, die mense moet dit sien en hoor.
7. En wanneer hulle vir jou vra hoekom jy kla, dan moet jy sê: ‘Ek doen dit omdat ek iets gehoor het. Almal sal bang wees en almal se hande sal slap hang, almal sal moedeloos wees en hulle water sal afloop teen hulle knieë. Julle moet weet, dit kom, dit sal gebeur.’ ”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
8. Ek het gehoor die Here sê vir my:
9. “Mens, jy moet my boodskap bring en vir die mense sê: Die Here sê ek moet sê dat Hy sy swaard skerpgemaak en blinkgevryf het.