7. Hulle is hardkoppig, maar jy moet vir hulle sê wat Ek sê, as hulle luister en ook as hulle nie luister nie.
8. En jy, mens, jy moet luister na wat Ek vir jou sê, jy moenie opstandig wees soos hierdie opstandige volk nie. Maak oop jou mond en eet wat Ek vir jou gee.”
9. En toe ek kyk, sien ek Hy het sy hand uitgesteek na my toe, en in sy hand sien ek ’n boekrol.
10. Hy het dit oopgerol voor my, en op die boekrol was daar iets geskryf, voor en agter. Dit was die woorde wat mense gebruik wanneer hulle wil huil en treur en bid en kla.