Esegiël 18:5-15 Bybel vir Almal (ABA)

5. “Iemand wat reg lewe en wat reg doen, soos Ek wil hê,

6. eet nie offer-etes op die berge nie,hy hou nie van die afgode van die volk Israel nie,hy maak nie iemand anders se vrou onrein nie,hy slaap nie by ’n vrou wat menstrueer nie,

7. hy verdruk niemand nie,hy gee die goed terug wat hy geneem het omdat iemand nie sy skuld kon betaal nie,hy vat nie ander mense se goed nie,hy gee vir honger mense kos en hy gee klere vir mense wat nie klere het nie,

8. hy sê nie dat mense rente moet betaal wanneer hy vir hulle geld leen nie, en wanneer hy sê dat hulle rente moet betaal, dan vra hy nie te veel rente nie,hy doen nie verkeerde dinge nie,hy oordeel reg tussen mense,

9. hy lewe soos Ek sê en hy doen wat Ek wil hê, hy doen die regte dinge.“So ’n mens lewe reg. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

10. “Maar so ’n mens het miskien ’n wilde seun wat mense vermoor en wat party van hierdie verkeerde dinge doen.

11. Die pa het nie een van hierdie dinge gedoen nie, maar die seuneet offer-etes op die berge,of hy maak iemand anders se vrou onrein,

12. of hy verdruk mense wat hulleself nie kan help nie en wat niks het nie,of hy vat ander mense se goed,of hy gee nie iets terug wat hy geneem het omdat iemand hom nie kon betaal nie,of hy hou van afgode en hy doen dinge wat Ek haat,

13. of hy sê dat iemand rente moet betaal wanneer hy vir hom geld leen, en wanneer hy sê dat iemand rente moet betaal, dan vra hy te veel rente.“As die seun hierdie dinge doen, dan sal hy nie aanhou lewe nie. Hy het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en hy sal sterf, dit is seker. Dit sal sy eie skuld wees.

14. “Maar so ’n seun kan die pa word van ’n seun wat al die sondes sien wat sy pa doen en wat dan self nie daardie sondes doen nie.

15. Hy eet nie offer-etes op die berge nie,hy hou nie van die afgode van die volk Israel nie,hy maak nie iemand anders se vrou onrein nie,

Esegiël 18