Esegiël 13:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet vir die profete van Israel sê wat Ek sê. Hulle sê hulle is profete, maar hulle het self besluit hulle is profete. Jy moet vir hulle sê: Julle moet hoor wat sê die Here.

3. Die Here, Hy wat Here is, sê: Dit sal sleg gaan met die dwase profete, Ek het niks vir hulle gewys nie. Hulle doen wat hulle self besluit.

4. Israel, julle profete is soos jakkalse in stede wat verwoes is.

Esegiël 13