Eksodus 38:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. By die westekant was die gordyne 50 el breed, en daar was tien pale met tien voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.

13. Die voorkant, die oostekant, was 50 el breed.

14. Langs die een kant van die ingang was die gordyne 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.

15. Langs die ander kant van die ingang was die gordyn ook 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.

16. Hy het al die gordyne rondom die oop stuk grond van goeie linne-materiaal gemaak.

17. Hy het die voetstukke van die pale van brons gemaak en die hake en ringe van die pale het hy van silwer gemaak. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en daar was silwer ringe aan al die pale rondom die oop stuk grond.

18. Hy het vir die gordyn in die ingang blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal gebruik. Die gordyn was 20 el lank en vyf el hoog, soos die gordyne rondom die oop stuk grond.

19. Daar was vier pale met vier brons voetstukke en silwer hake. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en ook die ringe.

20. Hy het al die penne rondom die tempel-tent en die oop stuk grond van brons gemaak.

21. Hier is ’n lys van alles wat hulle gebruik het om die tempel-tent te maak waarin die tien gebooie was. Moses het gesê Itamar, die seun van die priester Aäron, moet vir die Leviete sê om alles op te skryf wat die ambagsmanne gebruik het.

Eksodus 38