As ’n vreemdeling by jou woon, en hy wil die Paasfees vir die Here vier, dan moet jy hom eers besny. Jy moet hom en al die mans en seuns in sy huisgesin besny. Dan mag hy ook die fees kom vier. Hy is dan soos ’n Israeliet wat in die land gebore is. Iemand wat nie besny is nie, mag nie die Paasfees-kos eet nie.