8. Julle moet weet dat die Here goeie dinge sal teruggee vir almal wat goeie dinge doen, dit maak nie saak of hulle slawe of eienaars is nie.
9. En eienaars, julle moet goed wees vir julle slawe. Julle moenie aanhou sê julle sal hulle straf nie. Julle moet weet dat julle en die slawe dieselfde Eienaar in die hemel het, en Hy dink nie een mens is belangriker as ’n ander mens nie.
10. Ek wil vir julle nog één ding sê: Julle behoort aan die Here. Hy is baie sterk, Hy sal vir julle sy krag gee, en julle moet sterk wees.
11. Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle.
12. Ons veg nie teen mense nie, ons veg teen bose geeste en hulle leiers. Die mense van die wêreld luister na geeste, maar ons veg teen slegte geeste in die lug.
13. Daarom moet julle soos soldate al die klere en wapens gebruik wat God vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle kan veg wanneer die slegte dag kom en die oorlog begin, en wanneer die oorlog verby is, dan sal julle nog staan.