31. Julle moenie ander mense haat en net die slegte dinge onthou wat hulle gedoen het nie. Julle moenie kwaad word of mense straf of vir hulle skree of lelike dinge van hulle sê nie. Julle moet niks doen wat sleg is nie.
32. Julle moet vriendelik wees met mekaar. Julle moet jammer wees vir mekaar en julle moet vir mekaar help. Christus het gesterf en God het julle vergewe. Daarom moet julle mekaar ook so vergewe.