Efesiërs 3:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle het gehoor dat Hy vir my gesê en gewys het wat sy boodskap oor Christus is, die boodskap wat niemand voorheen geken het nie. Dit is wat ek in hierdie brief klaar vir julle geskryf het.

4. Wanneer julle nou verder lees, dan sal julle weet dat ek die boodskap oor Christus verstaan.

5. God het nou sy Gees gestuur om dit vir sy gewyde apostels en profete te bring. Hy het die boodskap nie so gestuur vir die mense wat voorheen gelewe het nie.

6. Daardie boodskap is: Julle is heidene, maar julle behoort aan Christus Jesus en julle glo die goeie boodskap. Daarom gee God nou ook vir julle baie goeie dinge, soos Hy vir die Jode gegee het. Julle en die Jode is nou almal saam, julle is soos een liggaam. En julle sal ook kry wat God belowe het.

7. Nou is dit my werk om die goeie boodskap vir julle te bring. Dit is die present wat God vir my gegee het. God was goed vir my, Hy is sterk en Hy het my verander.

Efesiërs 3