18. Dan sal julle weet hoe groot Christus se liefde vir julle is, hoe wyd, hoe lank, hoe hoog en hoe diep dit is. Julle sal dit weet saam met die ander mense wat aan God behoort.
19. Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees.
20-21. Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.