5. En julle moet lief wees vir die Here, julle moet lief wees vir Hom met julle hele hart, met al julle krag.
6. Julle moet die dinge onthou wat ek vandag vir julle sê
7. en julle moet dit vir julle kinders leer. Julle moet oor hierdie dinge praat wanneer julle in julle huis sit en wanneer julle op die pad loop, wanneer julle lê en wanneer julle staan.
8. Julle moet dink aan hierdie dinge wanneer julle iets met julle hande doen en wanneer julle na iets kyk
9. en wanneer julle uitgaan en ingaan by die deure van julle huise en julle poorte.
10. “Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie.
11. Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles,
12. dan moet julle versigtig wees dat julle nie die Here vergeet nie. Julle was slawe in die land Egipte, maar die Here het julle uit Egipte gebring.