19. “ ‘Jy mag nie steel nie.
20. “ ‘Jy mag nie leuens vertel oor ander mense nie.
21. “ ‘Jy mag nie ’n ander man se vrou vir jouself wil hê nie. Jy mag nie ’n ander mens se huis vir jouself wil hê nie, ook nie sy grond, of sy slaaf of slavin, of sy bees of sy donkie, of enige iets wat aan ’n ander mens behoort nie.’
22. “Die Here het hierdie woorde hard en duidelik gesê vir julle hele volksvergadering, en Hy het nie nog iets anders gesê nie. Dit was op die berg, en Hy het gepraat uit die vuur en uit die donker wolk. Hy het daarna die woorde op twee plat klippe geskryf en Hy het dit vir my gegee.
23. Maar toe die berg so brand en toe julle sy stem hoor praat uit die donker, het al julle stamhoofde en leiers na my toe gekom