Ek vra die hemel en die aarde om getuies te wees teen julle. As julle vir julle beelde maak, dan sal julle vinnig verdwyn uit die land waarnatoe julle nou gaan. Julle gaan nou deur die Jordaan-rivier om daardie land vir julleself te vat, maar julle sal verdwyn, dit is seker. Julle sal dan nie lank in die land bly nie, julle sal amper almal sterf. Dit is seker.