Deuteronomium 33:14-16 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hulle sal die beste kryvan alles wat groei,alles onder die son,alles wat die menseelke maand afsny of pluken bymekaarmaak,

15. die beste van alles wat groeiop die berge en op die heuwelswat baie lank daar is.

16. Hulle sal die beste kry van alleswat uit die aarde kom,alles wat daar is omdat die Heregoed is vir Josef,die Here wat in ’n doringbosverskyn het.Ek bid dat Josef dit alles sal kry,Josef wat oor sy broers regeer het.

Deuteronomium 33