18. Julle het die Rots vergeet,maar die Rots is julle Vader,julle is God se kinders,maar julle het Hom vergeet.
19. Toe die Here dit sien,was Hy hartseer oor sy seunsen sy dogters,Hy het hulle gelos.
20. Hy het gesê: ‘Ek wil hullenie meer sien nie,en Ek wil kyk hoe dit noumet hulle sal gaan.Hulle is slegte mense,hulle is heeltemal ontrou.
21. Hulle het My kwaad gemaaktoe hulle gode gedien hetwat nie gode is nie.Hulle het My hartseer gemaaktoe hulle beelde gemaak het,beelde wat niks beteken nie.Nou sal Ek hulle kwaad maaken Ek sal vir My ’n volk kieswat nie ’n volk is nie,Ek sal hulle hartseer maaken Ek sal vir My ’n volk kieswat dwaas is.
22. Ek is kwaad,dit is soos ’n vuur wat brandtot in die doderykdaar onder,’n vuur wat die aarde verbranden alles wat uit die aarde kom,’n vuur wat tot onderdie berge brand.
23. Ek sal hulle laat swaarkry,dit sal aanhou sleg gaanmet hulle,Ek sal hulle skiet met al my pyle.
24. Hulle sal flou word van honger,hulle sal pes kry,hulle sal nie gesondkan word nie,wilde diere sal hulle opvreeten giftige slangesal hulle pik.
25. Daar sal oorlog weesin die strate,mense sal bang weesen wegkruip in hulle kamers.Niemand sal vry wegkom nie,nie jongmansof jongmeisies nie,nie babas of oumense nie.
26. Ek het gedink Ek sal hullealmal laat sterf,niemand moet onthoudat hulle gelewe het nie.
27. Maar Ek het gedink miskiensal die vyande spoten hulle sal die dingewat gebeur het,verkeerd verstaan.Hulle sal miskien spog en sê:“Ons het hulle self oorwin,die Here het dit nie gedoen nie.” ’
28. Ja, die vyande verstaan dit nie,hulle is nie verstandig nie.
29. As hulle wysheid gehad het,dan sou hulle verstaan hetwat gebeur heten hulle sou geweet hetwat later nog sál gebeur.
30. Een man van die vyandhet 1 000 Israeliete gevolgen gejaag,twee manne van die vyandhet 10 000 Israeliete laat vlug.Maar dit het gebeur omdatdie Rots van die Israelietehulle verkoop het,omdat die Here hulle gelos het.