Deuteronomium 24:19-22 Bybel vir Almal (ABA)

19. Wanneer jy jou koring afsny in jou koringland, en jy los ’n koring-aar in die land, dan mag jy nie teruggaan om die koring-aar te gaan haal nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee. Dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met alles wat jy doen.

20. Wanneer jy die vrugte van jou olyfbome afslaan, dan mag jy nie weer gaan om die olywe te pluk wat agter jou oorgebly het nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee.

21. Wanneer jy die druiwe in jou wingerd pluk, dan mag jy nie weer gaan om die trosse te pluk wat agter jou oorgebly het nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee.

22. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in Egipte. Daarom sê ek jy moet hierdie ding doen.”

Deuteronomium 24