Deuteronomium 21:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “In die land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort, sal julle miskien iemand kry wat vermoor is en wat in die veld lê, maar julle weet nie wie hom doodgemaak het nie.

2. Dan moet julle leiers en regters gaan meet hoe ver dit is van die stede rondom die plek waar die lyk lê.

Deuteronomium 21