Deuteronomium 18:21-22 Bybel vir Almal (ABA)

21. “Julle sal miskien dink: Hoe sal ons weet wanneer dit die Here is, en wanneer dit nie die Here is wat gepraat het nie?

22. Wanneer ’n profeet sê die Here het hom gestuur om te sê iets sal gebeur, maar dit gebeur nie, dan sal julle weet die Here het dit nie gesê nie, dan het die profeet self gedink hy moet dit sê. Julle moenie bang wees vir wat daardie profeet sê nie.”

Deuteronomium 18