17. Hy het gesê: ‘Hierdie vier groot diere is vier konings wat op die aarde sal regeer.
18. Maar die gewyde mense van die Hoogste God sal konings word wat altyd sal regeer, ja, ewig en altyd.’
19. “Ek, Daniël, wou meer weet oor die vierde dier. Hierdie dier was nie soos die ander diere nie. Hy was ’n dier wat al die mense bang gemaak het. Hy het tande van yster en pote van brons gehad, en hy het alles gevreet en stukkend gebyt. Hy het met sy pote getrap op die stukke wat oorgebly het.
20. Daar was tien horings op sy kop. Drie van die horings het uitgeval en ’n nuwe horing het uitgekom. Daardie horing het oë gehad en ’n mond wat hoogmoedig praat, en dit het gelyk of hy groter is as die ander horings.