48. Die koning het toe vir Daniël ’n baie belangrike man gemaak en hy het vir Daniël baie presente gegee. Hy het gesê Daniël moet oor die hele land Babel regeer en hy moet die hoof wees van al die wyse mense in Babel.
49. Daniël het gevra die koning moet vir Sadrag, Mesag en Abed-Nego kies om te help regeer oor Babel. Die koning het dit gedoen. Daniël het by die koning gebly.