7. Julle doen nie reg aan mense nie,julle laat hulle baie swaar kry.
8. Dit is die Herewat die sterre gemaak het, Orion en die Sewe-ster.Hy laat dit lig word ná die nag,Hy laat dit donker wordná die dag.Dit is Hy wat die wolkeuit die see bringen wat dit laat reën op die land.Sy Naam is die Here.
9. Die Here maak sterk mensevinnig dood.Hy laat sterk mure omval.
10. Julle haat ’n manwat in die poort praatteen iemandwat verkeerd gedoen het,julle hou nie van ’n manwat die waarheid praat nie.
11. Julle trap op die arm mens,julle vat sy koring.Daarom sal julle nie woonin die huisewat julle gebou hetmet die klippewat julle so mooi gekap het nie.Julle sal nie die wyn drinkvan die mooi wingerdewat julle geplant het nie.
12. Ek weet hoe baieen hoe groot julle sonde is.Julle is vyande van iemandwat reg doen.Julle vat die geldwanneer mense julle wil betaalom verkeerd te doen.In die poort is julle onregverdigmet die arm mense.
13. Dit is hoekom verstandige mensestilbly in hierdie tyd.Dit is ’n slegte tyd.
14. Julle sê die Here is by julle.Maar julle moet probeerom goed te doen,moenie doen wat sleg is nie.Dan sal julle lewe,en dan sal die Here,die God wat oor alles regeer,by julle wees.
15. Julle moet haat wat sleg isen julle moet lief weesvir wat goed is,julle moet in die hof reg doenaan mense.Miskien sal die Here,die God wat oor alles regeer,dan jammer wees vir julle,julle Israelietewat nog lewe.
16. Ja, die Here sê, die God wat oor alles regeer, die Here, sê:“Die mense sal huil en treurop al die oop plekke in die stad,hulle sal in al die strate sug.Hulle betaal mense om te treur,en hulle sal die boere roepom saam te kom treuroor almal wat dood is.
17. Hulle sal in al die wingerde treur,want Ek gaan tussen julle deurom julle te straf.”Dit sê die Here.
18. “Dit sal baie sleg gaanmet mense wat wensdie dag van die Heremoet gou kom.Hoekom wens julledie dag van die Heremoet gou kom?Daardie dag sal dit donker wees,daar sal nie lig wees nie.