Amos 5:12-27 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek weet hoe baieen hoe groot julle sonde is.Julle is vyande van iemandwat reg doen.Julle vat die geldwanneer mense julle wil betaalom verkeerd te doen.In die poort is julle onregverdigmet die arm mense.

13. Dit is hoekom verstandige mensestilbly in hierdie tyd.Dit is ’n slegte tyd.

14. Julle sê die Here is by julle.Maar julle moet probeerom goed te doen,moenie doen wat sleg is nie.Dan sal julle lewe,en dan sal die Here,die God wat oor alles regeer,by julle wees.

15. Julle moet haat wat sleg isen julle moet lief weesvir wat goed is,julle moet in die hof reg doenaan mense.Miskien sal die Here,die God wat oor alles regeer,dan jammer wees vir julle,julle Israelietewat nog lewe.

16. Ja, die Here sê, die God wat oor alles regeer, die Here, sê:“Die mense sal huil en treurop al die oop plekke in die stad,hulle sal in al die strate sug.Hulle betaal mense om te treur,en hulle sal die boere roepom saam te kom treuroor almal wat dood is.

17. Hulle sal in al die wingerde treur,want Ek gaan tussen julle deurom julle te straf.”Dit sê die Here.

18. “Dit sal baie sleg gaanmet mense wat wensdie dag van die Heremoet gou kom.Hoekom wens julledie dag van die Heremoet gou kom?Daardie dag sal dit donker wees,daar sal nie lig wees nie.

19. Dit sal wees soos wanneer iemandvir ’n leeu vlugen dan teen ’n beer vasloop,of wanneer iemand in sy huis komen met sy hand teen die muur druk,en dan is daar ’n slang wat hom byt.

20. Dit sal donker weesop die dag van die Here,dit sal nie lig wees nie.Daardie dag sal swart wees,daar sal niks lig wees nie.”

21. “Ek haat julle feeste,Ek wil nie die feeste hê nie.Ek hou nie van julle gewyde feesdae nie.

22. Julle bring vir My brand-offersen koring-offers,maar Ek wil dit nie hê nieen Ek wil glad nie kykna die vet dierewat julle bring vir ete-offers nie.

23. Wanneer julle sing,dan is dit nie vir My mooi nie,julle raas net.Hou op sing!Ek wil nie luisterwanneer julle musiekmaak met ’n harp nie.

24. Ek wil hê julle moet reg doenaan mense.Julle moet aanhou om dit te doen,aanhou soos ’n rivierwat altyd vol is.

25. Mense van Israel,toe julle 40 jaar lankin die woestyn was,het julle nie diere of koringvir My ge-offer nie.

26. Nou sal julle die godewat julle gemaak het,saam met julle moet dra.Dit is julle ster-gode,julle koning Sikkut,julle afgod Kijun.

27. Die vyande sal julle vangen hulle sal julle wegvattot ver anderkantdie stad Damaskus,”sê die Here.Sy Naam is die Here,God wat oor alles regeer.

Amos 5