Amos 4:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. “Ek het julle honger laat blyoral waar julle woon.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie.”Dit sê die Here.

7. “Ek het die reën weggehoutoe die koringnog nie ryp was nie.Ek het dit op een stad laat reën,en op ’n ander stadhet Ek dit nie laat reën nie.Dit het gereën op een stuk land,en ’n ander stuk landhet nie reën gekry nie,dit het droog geword.

8. Die mense van twee of drie stedehet na ’n ander stad gekruipom water te soek,maar hulle het niegenoeg water gekry nie.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie.”Dit sê die Here.

9. “Ek het julle koring-arelaat verdroog,en die plantluise het dit opgevreet.Die sprinkane het baie maalal die blare in julle tuineen wingerde opgevreet,ook al die blare van julle vyebomeen olyfbome.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie,”sê die Here.

Amos 4