2 Timoteus 3:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hulle sal verraaiers wees, hulle sal nie dink voordat hulle iets doen nie, hulle sal dink hulle is wonderlike mense, hulle sal lief wees om te doen wat vir hulle lekker is, hulle sal nie lief wees vir God nie.

5. Dit sal miskien lyk of hierdie mense vir God dien, maar hulle sal nie lewe soos mense wat vir God dien nie. Jy moet wegbly van daardie mense.

6. Want dit is daardie soort mense wat vals is wanneer hulle in huise inkom en wat dan die vroue alles laat glo wat hulle vir hulle leer, die vroue wat graag enige iets glo. Dit is vroue wat baie sonde gedoen het en wat altyd graag baie meer dinge wil hê.

7. Hierdie vroue wil altyd meer leer, maar hulle weet nooit wat die waarheid van God is nie.

8. Die mense wat vir die vroue leer, probeer keer dat hulle die waarheid hoor, soos Jannes en Jambres vir Moses probeer keer het. Hulle is mense wat nie meer reg kan dink nie, hulle geloof beteken niks.

9. Maar hulle is dwase en hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie. Almal sal kan sien dat hulle dwaas is, soos almal ook gesien het dat Jannes en Jambres dwaas is.

10. Maar jy het begin om te doen wat ek doen, want jy leer vir die mense en jy lewe soos ek, jy maak dieselfde planne wat ek maak, jy glo soos ek, jy is geduldig, jy is lief vir mense en jy hou aan om te doen wat jy moet doen.

11. Jy doen dit ook wanneer mense jou verdruk en jou laat swaarkry. Dieselfde het met my gebeur in die stede Antiogië, Ikonium en Listra. Ek het op baie maniere swaargekry, en die Here het my uit al my probleme gered.

12. Al die mense wat aan Christus Jesus behoort en wat wil lewe soos God wil hê, sal swaarkry,

2 Timoteus 3