11. Jy doen dit ook wanneer mense jou verdruk en jou laat swaarkry. Dieselfde het met my gebeur in die stede Antiogië, Ikonium en Listra. Ek het op baie maniere swaargekry, en die Here het my uit al my probleme gered.
12. Al die mense wat aan Christus Jesus behoort en wat wil lewe soos God wil hê, sal swaarkry,
13. en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei.
14. Maar jy, Timoteus, jy moet aanhou om die dinge te glo wat jy geleer het, dinge wat jy weet is waar, want jy weet wie dit vir jou geleer het.
15. Jy ken die Ou Testament vandat jy ’n kind was en jy het daaruit geleer dat die Here ’n mens red as hy in Christus Jesus glo.
16. Die hele Ou Testament kom van God, en ’n mens kan dit gebruik om vir mense te leer, om hulle te waarsku, om vir hulle te sê dat hulle verkeerd doen en dat hulle reg moet lewe.