1. Vriende, daar is nog ’n paar laaste dinge wat ons vir julle wil sê. Julle moet bid vir ons, sodat die goeie boodskap oor die Here Jesus vinnig by almal kan kom, en sodat mense bly kan wees wanneer hulle dit hoor, soos julle ook bly was.
2. Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie.