20. Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was ’n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in ’n gat en hy het ’n leeu doodgemaak.
21. Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was ’n mooi man en hy het ’n spies in sy hand gehad. Benaja het net ’n stok saamgeneem toe hy afgegaan het na die Egiptenaar toe. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak.
22. Dit is wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Die 30 spesiale manne het toe gedink Benaja is baie belangrik.
23. Hy was die belangrikste van die 30 manne, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. Dawid het hom gekies en aangestel om die hoof te wees van die manne wat die koning moes oppas.