12. maar Samma het in die lensieland gaan staan en hy het gekeer sodat die vyande dit nie kon vat nie. Hy het die Filistyne plat geslaan, en die Here het hom laat wen teen al die Filistyne.
13. Eendag het drie van die 30 leiers afgegaan na Dawid toe. Dawid was by die Adullam-grot. Dit was in die tyd toe die mense die koring afgesny het. ’n Groep Filistyne se tente was in Spook-laagte.
14. Dawid was in ’n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas.
15. Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.”
16. Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was ’n drank-offer.
17. Dawid het gesê: “Here, ek kan nie hierdie water drink nie. As hierdie manne gesterf het, dan was dit my skuld.”Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het.
18. Abisai broer van Joab en seun van Seruja was die leier van die 30 manne. Hy het 300 manne doodgemaak met sy spies. Mense het gedink hy is net so belangrik soos die eerste drie manne.
19. Hy was die belangrikste van die 30 manne en hy was hulle leier, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie.
20. Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was ’n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in ’n gat en hy het ’n leeu doodgemaak.
21. Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was ’n mooi man en hy het ’n spies in sy hand gehad. Benaja het net ’n stok saamgeneem toe hy afgegaan het na die Egiptenaar toe. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak.