2 Samuel 21:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. In die tyd toe Dawid koning was, was daar een maal drie jaar lank hongersnood in die land. Dawid het vir die Here gevra hoekom dit so is, en die Here het gesê dit is omdat Saul mense laat vermoor het toe hy die mense van die stad Gibeon almal wou doodmaak.

2. Die mense van Gibeon was nie Israeliete nie, hulle was Amoriete. Die Israeliete het vir hulle belowe dat hulle kan aanhou lewe. Maar Saul het probeer om hulle almal dood te maak. Hy het gedink hy doen goed vir Israel en Juda. Koning Dawid het die mense van Gibeon geroep

3. en hy het vir hulle gevra: “Wat kan ek vir julle doen? Hoe kan ek julle help sodat julle weer sal wil hê dat dit goed moet gaan met die volk van die Here?”

2 Samuel 21