2 Samuel 13:35-38 Bybel vir Almal (ABA)

35. Jonadab sê toe vir die koning: “Kyk, daar kom die prinse. Dit is wat ek vir die koning gesê het.”

36. En toe Jonadab dit klaar gesê het, het die prinse daar aangekom, en hulle het hard begin huil, en die koning en sy amptenare het ook baie hard begin huil.

37. Absalom het gevlug en hy het na Talmai seun van Ammigur, koning van Gesur, toe gegaan. Dawid het aangehou treur oor sy seun.

38. Absalom het na Gesur gevlug en hy het drie jaar daar gebly.

2 Samuel 13