God sal hulle straf. Hy was voorheen nie jammer vir die engele wat sonde gedoen het nie. Nee, Hy het hulle in die onderwêreld gegooi. Hy het hulle met kettings in die donker vasgebind en Hy het hulle gelos om daar gevangenes te bly totdat die oordeelsdag kom.