2 Petrus 2:14-17 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hulle soek altyd vroue wat seks wil hê met hulle, hulle wil altyd meer en meer sonde doen. Party mense se geloof is nie sterk nie, die vals leermeesters wil daardie mense verlei. Hulle wil altyd meer en meer dinge hê. Die Here sal hulle vervloek.

15. Die vals leermeesters doen hierdie dinge omdat hulle opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hulle het gedoen wat Bileam seun van Bosor gedoen het. Bileam was baie lief vir geld en daarom het hy verkeerde dinge gedoen om die beloning te kry.

16. Maar die Here het gesê Bileam doen iets wat verkeerd is. ’n Donkie het vir Bileam die profeet gekeer sodat hy nie ’n dom ding gedoen het nie. ’n Donkie is ’n dier wat nie kan praat nie, maar hierdie donkie het met Bileam gepraat soos ’n mens praat.

17. Hierdie vals leermeesters is soos fonteine wat droog is, daar kom nie water uit nie. Hulle is soos miswolke, ’n stormwind waai hulle weg. Daarom het die Here vir hulle ’n plek gereedgemaak in die donker plek, die baie donker plek.

2 Petrus 2