4. Hoekom het God belowe om vir ons kosbare en baie groot dinge te doen? Dit is omdat Hy so groot en sterk is. Hy het dit gedoen sodat julle vry kan wees en kan ophou om die slegte dinge te wil doen wat die mense van die wêreld graag wil doen, dinge wat hulle laat sterf. Dan sal julle mense word wat soos God is en wat lewe soos Hy.
5. God het baie dinge vir julle gedoen, en daarom moet julle hard probeer om nie net te glo in Hom nie, maar ook om goeie dinge vir ander mense te doen en om wyse mense te wees.
6. Julle moenie gou kwaad word nie, julle moet vas glo, julle moet vir God dien,
7. julle moet lief wees vir mekaar, julle moet lief wees vir al die mense.
8. As julle hierdie dinge doen en dit meer en meer doen, dan doen julle dinge wat vir mense kan help en dan sal julle slaag met alles wat julle doen omdat julle ons Here Jesus Christus goed ken.
9. Want as ’n mens hierdie dinge nie doen nie, dan is hy soos iemand wat baie sleg sien, so sleg dat hy geestelik blind is. Ja, iemand wat nie hierdie dinge doen nie, het vergeet dat God hom gereinig het van die sondes wat hy voorheen gedoen het.
10. My vriende, God het julle gekies en genooi om aan Hom te behoort. Daarom moet julle baie hard probeer om so te lewe dat almal kan sien dat julle aan God behoort. Julle moet so lewe, want dan sal julle aanhou glo en nie ontrou wees nie.
11. As julle só lewe, dan sal God sê dat julle baie welkom is daar waar ons Here Jesus Christus vir altyd die Koning is en waar Hy regeer, Jesus Christus ons Redder.
12. Julle weet hierdie dinge en julle is baie seker dat dit die waarheid is wat julle oor Christus gehoor het. Maar ek sal aanhou om vir julle te sê dat julle moet onthou wat ek hier vir julle geskryf het.
13. Ek dink dit is reg dat ek vir julle moet sê dat julle moet onthou om aan hierdie dinge te dink, ek moet dit sê terwyl ek nog lewe.
14. Want ek weet dat ek nie meer lank sal lewe nie, ons Here Jesus Christus het dit vir my gesê.
15. Daarom sal ek hard probeer dat julle hierdie dinge altyd sal onthou, ook nadat ek gesterf het.
16. Ons het vir julle vertel dat ons Here Jesus Christus sterk is en dat Hy weer sal kom. Dit was nie slim stories wat ander mense gemaak het en wat ons geglo het nie. Nee, ons het self gesien dat Jesus Christus sterk is en alles kan doen.
17. God die Vader het vir Jesus eer gegee en God het vir Jesus Koning gemaak. God is self die Groot Koning, en Hy het gesê: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”
18. En ons het self gehoor dat God uit die hemel praat, ons het dit gehoor toe ons saam met Jesus op die gewyde berg was.
19. Daarom weet ons dat die boodskappe wat die profete gebring het, regtig waar is. Dit sal goed wees as julle luister na die profete se boodskappe, want daardie boodskappe is soos ’n lamp wat in die donker skyn totdat die dag kom wanneer Christus weer sal kom. Dan sal Hy in julle harte sy lig laat skyn soos die môrester skyn.
20. Dit is belangrik dat julle dit moet weet: Die profete van die Ou Testament het nie self die dinge gedink wat hulle gesê het nie.