12. Daar was ook skilde en spiese. Rehabeam het die stede baie sterk gemaak. Die land Juda en Benjamin het aan hom behoort.
13. Die priesters en Leviete wat oral tussen die mense van Israel gewoon het, het uit al hulle woonplekke na Rehabeam toe gekom.
14. Die Leviete het hulle weivelde en hulle grond gelos en hulle het na Juda en Jerusalem gekom, want Jerobeam en sy seuns het gesê hulle mag nie meer priesters van die Here wees nie.
15. Jerobeam het sy eie priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke en die veldgode en die kalfbeelde wat hy gemaak het.
16. Mense uit al die stamme van Israel het saam met die priesters en Leviete na Jerusalem gekom. Hulle het self besluit dat hulle die Here wil dien, en hulle het gekom om te offer vir die Here, die God van hulle voorvaders.
17. Hulle het die land Juda sterk laat word en hulle het drie jaar lank vir Rehabeam seun van Salomo gehelp, want hulle het drie jaar lank gelewe soos Dawid en Salomo.
18. Rehabeam het getrou met Magalat. Haar ouers was Jerimot seun van Dawid en Abihajil dogter van Eliab seun van Isai.
19. Rehabeam en Magalat het die seuns Jeüs, Semarja en Saham gehad.
20. Hy het ook getrou met Maäka dogter van Absalom, en hulle het die seuns Abia, Attai, Sisa en Selomit gehad.
21. Rehabeam was meer lief vir Maäka dogter van Absalom as vir sy ander vroue en byvroue. Hy was getroud met 18 vroue en 60 byvroue, en hy was die pa van 28 seuns en 60 dogters.
22. Rehabeam het vir Abia seun van Maäka gekies en aangestel om die belangrikste prins te wees en hy het vir Abia die hoof van sy broers gemaak sodat Abia koning kan word.
23. Rehabeam was slim, hy het party van sy seuns oral in die stede van Juda laat woon, in die stede wat sterk mure gehad het. Hy het vir hulle meer as genoeg kos gegee en hy het vir hulle baie vroue gekry.