2 Korintiërs 12:2-14 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek weet van ’n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede het God hierdie man na die hoogste hemel geneem. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit.

5. Ek sal spog oor hierdie man. Maar ek sal nie oor myself spog nie. Ek sal net daaroor spog dat ek swak is.

6. As ek besluit om te spog, dan sal ek nie ’n dom mens wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek het besluit om nie te spog nie. Want ek wil nie hê dat die mense moet dink ek is beter as wat ek was toe hulle my gesien of gehoor het nie.

7. Want hulle weet van die belangrike dinge in die hemel wat God vir my gewys het. Maar God het iets in my lewe gegee, dit pla my baie. Hy het dit gegee sodat ek nie baie van myself moet dink nie. Hierdie ding is soos ’n engel van Satan. Die engel slaan my met sy vuis sodat ek nie baie van myself moet dink nie.

8. Ek het baie maal vir die Here gevra dat Hy hierdie ding moet wegneem.

9. Maar Hy het vir my gesê: “Ek is genadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.”Daarom sal ek graag spog dat ek swak is, want dan is die krag van Christus in my.

10. Daarom is ek tevrede wanneer ek swak is, wanneer mense my beledig, wanneer ek swaarkry, wanneer mense slegte dinge doen aan my, en wanneer ek probleme het. Want ek weet dat alles gebeur omdat ek aan Christus behoort. Ja, ek is tevrede, want wanneer ek swak is, dan is ek sterk.

11. As ek so spog, dan doen ek dieselfde soos ’n dom mens doen. Maar dit is júlle wat my dit laat doen. Want julle is die mense wat vir my moes geglo het. Party van daardie vals apostels dink dat hulle beter is as ek en hulle sê dat ek niks beteken nie, maar ek is so goed soos hulle.

12. Ek het baie maal by julle dinge gedoen wat wys dat ek ’n ware apostel is. Ek het tekens en wonderwerke gedoen en ander dinge wat wys hoe sterk God is.

13. Ek het by julle niks anders gedoen as in die ander gemeentes nie. Maar ek het nie vir julle geld gevra vir myself nie. As dit verkeerd was, dan moet julle my vergewe.

14. Dit is nou die derde maal dat ek na julle toe sal kom. Ek sal nie vir julle geld vra vir myself nie. Ek wil nie julle geld hê nie, ek wil vir júlle hê. Julle weet hoe die lewe is: Dit is nie die kinders wat vir die ouers geld moet spaar nie, nee, dit is die ouers wat vir die kinders geld moet spaar.

2 Korintiërs 12