2 Konings 3:26-27 Bybel vir Almal (ABA)

26. Toe die koning van Moab sien dat die drie konings sy manne oorwin, het hy 700 manne wat met swaarde veg, saam met hom geneem. Hulle het probeer om tussen die manne van die drie konings deur te gaan tot by Edom, maar hulle het dit nie reggekry nie.

27. Toe vat die koning van Moab sy oudste seun wat ná hom koning sou word, en hy offer hom op die muur. Hy het hom heeltemal verbrand. Die Israeliete was só geskok en ontsteld dat hulle weggegaan het, terug na hulle land.

2 Konings 3