18. En dit is vir die Here maklik om dit te doen. Hy sal julle ook laat wen teen die Moabiete.
19. Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”
20. En die volgende oggend, die tyd wanneer die priesters die koring-offer moet bring, kom daar skielik water van Edom af, en die land het vol water geword.
21. Al die Moabiete het gehoor dat die drie konings wil kom oorlog maak teen hulle, en hulle het al die manne geroep wat kon veg. Hulle het by die grens van die land gaan staan.
22. Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, het die son op die water geskyn, en die Moabiete het gedink die water is rooi van die bloed.
23. Hulle het gesê: “Dit is bloed. Die drie konings het miskien teen mekaar begin veg en hulle het mekaar se manne doodgemaak. Kom, Moabiete, ons moet hulle goed gaan vat!”
24. Maar toe die Moabiete by die tente van die Israeliete kom, het die Israeliete hulle aangeval en oorwin. Die Moabiete het gevlug. Die Israeliete het verder in die land Moab ingegaan en hulle het die Moabiete daar oorwin.
25. Die Israeliete het die stede verwoes. Hulle het al die vrugbare grond vol klippe gegooi en al die fonteine toegemaak en al die vrugtebome afgekap. Later het net een stad se mure bly staan, dit was Kir-Gareset. Maar die manne wat met slingervelle gooi, het die stad van al die kante aangeval en hulle het dit oorwin.