2. Josia het dinge gedoen waarvan die Here hou. Hy het gelewe presies soos sy voorvader Dawid.
3. In die agtiende jaar nadat Josia koning geword het, het hy sy sekretaris Safan seun van Asalja seun van Mesullam na die tempel gestuur en hy het vir Safan gesê:
4. “Jy moet na die hoëpriester Gilkija toe gaan en vir hom sê hy moet die geld laat tel wat die mense gebring het en wat hulle vir die wagte by die deure van die tempel gegee het.
5. Daarna moet hy die geld gee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen, en hulle moet die geld gee vir die mense wat die tempel moet regmaak:
6. die ambagsmanne en die bouers en die messelaars. Hulle moet ook gekapte klip koop om die tempel reg te maak.
7. Maar Gilkija weet die werkers is eerlik, daarom moet hy vir die werkers sê hulle moenie kom sê wat hulle met die geld gedoen het nie.”
8. Die hoëpriester het vir Safan gesê hy het in die tempel ’n boek gekry. In die boek was daar wette geskryf. Die hoëpriester het die boek vir Safan gegee, en Safan het dit gelees.
9. Safan het teruggegaan na die koning toe en hy het vir hom gaan sê wat gebeur het. Hy het vir die koning gesê: “Die priesters het die geld uitgehaal wat in die tempel is, en hulle het dit gegee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen.
18-19. Die koning van Juda het vir julle gestuur om te vra wat die Here sê. Julle moet vir die koning gaan sê: Ek, die Here, het gesien dat jy hartseer en ontsteld geword het en dat jy jou voor My verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek gesê het. Ek het gesê hier sal nie meer mense woon nie en Ek sal die plek laat verwoes. Ek het gesien dat jy jou klere geskeur het en Ek het gehoor hoe jy huil.
20. Daarom sal dit goed gaan met jou totdat Ek jou laat sterf en jy begrawe is. Jy sal nie self sien wanneer Ek dit sleg laat gaan met hierdie plek nie.”Gilkija en die ander mans het vir die koning gaan sê wat die profeet gesê het.