2 Konings 2:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Terwyl hulle geloop en praat het, het daar skielik ’n oorlogkar en perde van vuur tussen Elia en Elisa gekom, en Elia het in ’n stormwind opgegaan in die lug.

12. Elisa het dit gesien, en hy het geskree: “My vader, my vader, jy was vir Israel soos ’n oorlogkar en manne op perde!”Toe Elisa nie meer vir Elia kon sien nie, het hy sy klere in twee stukke geskeur.

13. Daarna het hy die bo-kleed opgetel wat afgeval het van Elia, en hy het weer op die wal van die Jordaan-rivier gaan staan.

14. Hy neem toe die bo-kleed en hy slaan ook op die water en sê: “Waar is die Here, die God van Elia, waar is Hy?”En toe Elisa op die water slaan, het daar ’n pad deur die rivier gekom, en Elisa het deur die rivier geloop.

15. Daar was profete van Jerigo daar naby, en toe hulle sien wat gebeur, sê hulle: “Elisa is nou ’n profeet soos Elia.”Hulle het na Elisa toe gekom en hulle het voor hom gebuig.

2 Konings 2