2 Konings 18:32-37 Bybel vir Almal (ABA)

32. Later sal ek kom en ek sal julle wegvat na ’n land wat soos julle land is, ’n land waar daar koring en wyn is, ’n land waar daar kos en wingerde is, ’n land waar daar olyf-olie en heuning is. Ek sal dit doen sodat julle kan lewe en nie sal sterf nie. Julle moet oppas dat Hiskia julle nie bedrieg nie. Hy sê die Here sal julle red,

33. maar ek vra vir julle: Kon die gode van die ander volke hulle lande beskerm teen die koning van Assirië?

34. Nee. Waar is die gode van die stede Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim, Hena en Awwa? Daardie gode kon nie vir hulle help nie. En wie kon die mense van Samaria beskerm teen my? Niemand.

35. Wie van al die gode van daardie lande kon sy land beskerm teen my? Nie een nie, en die Here kan Jerusalem ook nie beskerm teen my nie.’ ”

36. Eljakim en die ander twee manne het stilgebly, hulle het nie die hoof-offisier geantwoord nie, want koning Hiskia het gesê hulle moenie die hoof-offisier antwoord nie.

37. Hulle het na Hiskia toe gegaan en hulle het hulle klere geskeur en vir hom vertel wat die hoof-offisier gesê het.

2 Konings 18