Agas het boodskappers gestuur na koning Tiglat-Pileser van Assirië en hy het vir hom gesê: “Ek sal alles doen wat jy sê, ek sal jou respekteer. Kom asseblief en red my van die koning van Aram en van die koning van Israel. Hulle val my aan.”