1 Timoteus 6:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die mense wat vir die gelowiges ander dinge wil leer, is hoogmoedig, maar hulle weet niks. Hulle is soos mense wie se gees siek is. Hulle wil altyd met ander mense twis en oor woorde stry. Dan word mense jaloers, hulle stry met mekaar, hulle sê slegte dinge van ander mense en hulle dink slegte dinge van ander mense.

5. Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien.

6. Maar wanneer ’n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie.

7. Want ons het niks ingebring in die wêreld nie, en ons kan ook niks uitneem uit die wêreld nie.

1 Timoteus 6