10. Die ander gelowiges moet eers goed kyk hoe die mense lewe wat diakens wil word. As niemand oor hulle kan praat en sê dat hulle verkeerde dinge doen nie, dan mag hulle diakens word.
11. Vroue wat in die gemeente wil werk, moet ook mense wees wat reg lewe. Hulle moenie oor ander gelowiges skinder nie. Hulle moet reg kan besluit en almal moet weet dat hulle altyd sal doen wat hulle belowe het.
12. ’n Diaken moet net een vrou hê. Diakens moet goeie pa’s wees vir hulle kinders, hulle moet goed regeer oor almal in hulle eie huisgesinne.
13. Die gemeente respekteer ’n diaken wat sy werk goed doen. ’n Diaken wat sy werk goed doen, sal ook nie bang wees om vir ander mense te vertel wat hy alles glo oor Christus Jesus nie.