1 Samuel 15:29-35 Bybel vir Almal (ABA)

29. En ook, die Ewige God van Israel is nie vals nie en Hy verander nie sy besluite nie, want Hy is nie soos ’n mens wat sy besluite verander nie.”

30. Toe sê Saul: “Ek het sonde gedoen, maar jy moet my asseblief respekteer voor die offisiere en voor die Israeliete. Jy moet saam met my teruggaan, sodat ek tot die Here kan bid.”

31. Samuel het toe saam met Saul teruggegaan, en Saul het tot die Here gebid.

32. Daarna het Samuel gesê: “Julle moet vir Agag, die koning van die Amalekiete, na my toe bring.”Agag het na Samuel toe gekom. Agag was nie bekommerd nie. Hy het gesê: “Ek is seker hulle sal my nie doodmaak nie, ek is nie meer bang nie.”

33. Maar Samuel het gesê: “Jy het vroue se kinders doodgemaak, en daarom sal jou ma ook nie meer ’n kind hê nie.”Samuel het toe vir Agag in stukke gekap daar by die tempel.

34. Samuel het daarna na die stad Rama gegaan, en Saul het na sy huis gegaan in die stad Gibea-van-Saul.

35. Samuel het nooit weer vir Saul gesien nie. Maar Samuel het oor Saul gehuil en getreur. Die Here was jammer dat Hy vir Saul koning gemaak het oor die Israeliete.

1 Samuel 15