13. Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is.
14. Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly.
15. Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy ’n moordenaar is, of omdat hy ’n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie.
16. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.
17. God sal nou gou begin om mense te oordeel en Hy sal eerste begin oordeel by ons, ons wat die tempel van God is. Maar as God by óns begin om mense te oordeel, wat sal dan gebeur met die mense wat nie wou luister na die goeie boodskap wat van God kom nie? God sal hulle swaarder straf!