17. Ander seuns van Elpaäl was Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,
18. Jismerai, Jislia en Jobab.
19-21. Die seuns van Simi was Jakim, Sikri, Sabdi, Eljoënai, Silgi, Eliël, Adaja, Beraja en Simrat.
22-25. Die seuns van Sasak was Jispan, Eber, Eliël, Abdon, Sikri, Ganan, Gananja, Elam, Antotija, Jifdeja en Penuel.
26-27. Die seuns van Jerogam was Samserai, Segarja, Atalja, Jaäresja, Elija en Sikri.
28. Hierdie manne was die hoofde van hulle families en hulle leiers. Hulle het in Jerusalem gewoon.
29. Die voorvader van die mense van die stad Gibeon het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.
30. Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,
31. Gedor, Agjo en Seker.
32. Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.
33. Ner was die pa van Kis, Kis was die pa van Saul, en Saul was die pa van Jonatan, Malki-Sua, Abinadab en Esbaäl.
34. Die seun van Jonatan was Meribbaäl, en Meribbaäl was die pa van Miga.