3. Ussi het een seun Jisragja gehad, en die seuns van Jisragja was Mikael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf seuns was almal familiehoofde.
4. Die mans in hierdie families het baie vroue en kinders gehad. Daarom kon 36 000 manne van die nageslag van Ussi soldate word.
5. Die ander manne van die nageslag van Issaskar was ook belangrike manne. Hulle was 87 000 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Issaskar-stam.
6. Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.
7. Bela het vyf seuns gehad: Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hierdie familie was 22 034 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Benjamin-stam.
8. Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle almal was seuns van Beker.