1 Kronieke 7:14-19 Bybel vir Almal (ABA)

14. Manasse en sy Aramese byvrou was die ouers van Asriël en Makir. Makir was die voorvader van die mense wat in die land Gilead gewoon het.

15. Makir het getrou met vroue van die stede Guf en Suf. Sy suster se naam was Maäka. Sy tweede seun was Selofgad, maar Selofgad het net dogters gehad.

16. Makir en sy vrou Maäka het ’n seun gekry, en sy het die seun Peres genoem. Peres se broer was Seres, en Seres se seuns was Ulam en Rekem.

17. Ulam het ’n seun Bedan gehad. Manasse se seun Makir was die voorvader van hierdie mense van die land Gilead.

18. Makir se suster Moleket was die ma van Ishod, Abiëser en Magla.

19. Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

1 Kronieke 7